Ons kernwaardes in die proses van die vorming van ons gemeente

1. Fokus op God se Woord. Die Bybel is die duidelikste en mees betroubare plek om die wil en karakter van God te leer ken; om onsself te verstaan; om die wêreld waarin ons leef en die bestemming waarheen ons op pad is te verstaan. Ons eredienste se hoof fokus is vers vir vers uitleg prediking. Elke lidmaat word aangemoedig om ernstig oor die Bybel, die lees en bestudering daarvan te wees.

2. Bybelse teologie. Dit is vir ons belangrik om te weet wat God se Woord ons leer oor elke en alle onderwerpe van ons lewe (bv. die teologie oor die huwelik, werk, aftrede ens.) Ons jaag daarna om dit wat ons leer toe te pas – Progressiewe konstruksie van God in ons lewe.

3. Die uitdra van die Evangelie. Gehoorsaam aan die groot opdrag van Jesus Christus dra ons die evangelie uit in die gemeenskap waar die Here ons plaas en ondersteun ander wat dit op ander plekke uitdra. Ons groei in die omvang van ons begrip van die evangelie wat ons eie lewe verander. Soos wat ons begrip toeneem van die evangelie, waardeur ons dissipels van Jesus geword het, word ons al meer gedryf om die opdrag van God te gehoorsaam om ander mense te help om ook Sy dissipels te word.

4.  As mede dissipels groei ons in ons toewyding aan mekaar. Ons doen dit deur middel van lidmaatskap; dissipilering van mekaar (dissipelskap-afrigting en berading) ; diens teenoor mekaar met ons onderskeie gawes; verantwoordbaarheid teenoor mekaar en die ouderlinge.

5. Bybelse leierskap. Ons ondersoek ook die Bybel vir Toerusting van – en aanmoediging tot die opneem van die verantwoordelikheid van geestelike leierskap in die gemeente en gesin.

6. Gebed. Aanmoediging om altyd en oral en oor alles en vir almal te bid.