Kerke met wie ons assosieer

Ons assosieer met Grace Community Church van Dr. John MacArthur en gemeentes en werk wat wêreldwyd voortvloei uit hulle bediening. Ons staan in ʼn wederkerige verantwoordbaarheid verhouding met Stellenbosch Bible Church se leierskap. Ons assosieer ook met die Afrikaanse Baptiste kerk van Suid Afrika en poog om goeie verhoudings te handhaaf met alle gemeentes wat ʼn ywer het vir die eer van God en ʼn hoe siening het van die outoriteit en toereikendheid van die Bybel as God se Woord.

Ons leraar is Dr. Martyn Beets.  Deur God se genade is hy op die jong ouderdom van 16 gered en ervaar vanaf kort daarna n begeerte om God voltyds te dien in gemeentelike bediening. Hy het sy aanvanklike opleiding ontvang by die Seminarie van die Evangelies-Gereformeerde Kerk. Hy is direk na sy opleiding getroud met Magda wat hy op skool reeds ontmoet het. Magda voltooi ook haar opleiding in Bybelse berading in die Grace School of Ministry en ontdek dat die Woord van God totaal genoegsaam is as bron vir hulpverlening, in kontras met sielkunde se ontoereikendheid wat sy in haar vroee studies gedoen het. Martyn is hierna blootgestel aan die gereformeerde teologie tydens  ʼn MABC (Masters in Biblical counseling) by Master’s University onder leiding van Dr. John MacArthur. Hy het ook in 2020 ʼn PhD aan Noordwes Universiteit voltooi met die fokus op Dissipelskap as paradigma vir lewensafrigting.