Kinders

Ons is lief vir kinders en will hulle verwelkom in ons gemeente.

A. Tydens die erediens se sang begin ons altyd met n kinder lied wat die gemeente en kinders almal heerlik saam sing.

B. “Moederskamer ” is beskikbaar waarheen mamma of pappa die kleintjies tydelik kan neem vir die nodige aandag.

C. Kinderkerk word aangebied tydens die erediens vir kinders tot op 6 jarige ouderdom. Ouers is ook welkom om hul kinders by hul te hou tydens die diens indien dit nie lei tot erge steuring van die oordra van die boodskap nie.

D. na die diens is daar heerlike grasperk waar gewoonlik n bal en/of een of ander speletjie is wat geniet kan word.