Ons leraar is Dr. Martyn Beets. Deur God se genade is hy op die jong ouderdom van 16 gered en ervaar vanaf kort daarna n begeerte om God voltyds te dien in gemeentelike bediening. Hy is getroud met sy vrou Magda in 1998 en God seen hulle met drie seuns en n dogter. Martyn het sy aanvanklike opleiding ontvang by die Seminarie van die Evangelies-Gereformeerde Kerk. Martyn is hierna blootgestel aan die gereformeerde teologie tydens Bybelse beradings kursus onder Dr. Wayne Mack en Joel James by Grace fellowship Pretoria. Hierdie studies het eindelik uitgeloop op ʼn MABC (Masters in Biblical counseling) by Master’s University onder leiding van Dr. John MacArthur. Hy het ook Hierna, in 2020 ʼn PhD aan Noordwes Universiteit voltooi met die fokus op Dissipelskap as paradigma vir lewensafrigting