Overstrand Bybelgemeente erken dat die Bybel die enigste ware Woord van die Lewende God aan die mens is. Ons bevestig ons diepe verbintenis tot hierdie Woord en die waarhede daarin vervat en sal die Skrif eerlik en met ywer bestudeer en verkondig.
INHOUD
1. DIE WOORD VAN GOD.
2. GOD
3. DIE MENS
4. REDDING/VERLOSSING
5. DIE KERK
6. ENGELE
7. DIE EINDTYD/ESKATOLOGIE
8. HOE OM ‘N CHRISTEN TE WORD
BYLAAG TOT PUNT 1 – OOR TEKEN GAWES (TALE ENS.)
1. DIE WOORD VAN GOD
Ons verkondig dat die Bybel God se geskrewe openbaring aan die mens is en dat al 66 boeke van die Bybel deur die Heilige Gees geïnspireer is (1 Kor. 2:7-14; 2 Pet. 1:20-21).
Ons verkondig dat die Woord van God ‘n objektiewe, proposisionele openbaring (1 Tes. 2:13; 1 Kor. 2:13), woordeliks geïnspireerd (2 Tim. 3:16) en ‘n absoluut onfeilbare Godgegewe oorspronklike dokument is. Ons verkondig die letterlike grammaties-historiese interpretasie van die Skrif. Daardeur word bevestig dat die skepping letterlik in ses dae plaasgevind het soos in die eerste hoofstukke van Genesis aangedui. (Gen. 1:31; Eks. 31:17). Ons verkondig dat die Bybel die enigste onfeilbare basis vir geloof en aanbidding is (Matt. 5:18; 24:35; Joh. 10:35; 16:12-13; 17:17; 1 Kor. 2:13; 2 Tim. 3:15-17; Heb. 4:12; 2 Pet. 1:20-21).
Ons verkondig dat God in Sy geskrewe Woord deur ‘n proses van gedeelde outeurskap spreek. Die Heilige Gees het die outeurs so gelei dat hulle met hul individuele persoonlikhede en skryfstyle die hele Woord van God aan die mens (2 Pet. 1:20-21) sonder enige foute verwoord het (Matt. 5:18; 2 Tim. 3:16).
Ons verkondig dat alhoewel daar verskeie sienings oor enige gegewe teks kan wees, daar net een ware interpretasie is. Insig in die Skrif word verkry deur die gereelde toepassing van die letterlike grammaties-historiese metode onder leiding van die Heilige Gees (Joh. 7:17; 16:12-15; 1 Kor. 2:7-15; 1 Joh. 2:20). Dit is die verantwoordelikheid van Christen-gelowiges om die Skrif versigtig te ontleed om die ware bedoeling en betekenis vas te stel, sodat die korrekte uitleg na toekomstige geslagte oorgedra kan word.
2. GOD
Ons verkondig dat daar net een ware en lewende God is (Deut. 6:4; Jes. 45:5-7; 1 Kor. 8:4); ‘n alomteenwoordige, alwetende Gees (Joh. 4:24), volmaak in al Sy eienskappe, wat bestaan uit drie persone, Vader, Seun en Heilige Gees (Matt. 28:19; 2 Kor. 13:14); wat as eenheid aanbid en gehoorsaam moet word.
2.1 God die Vader
Ons verkondig dat God die Vader, die eerste persoon van die Drie-Eenheid, oor alle dinge volgens Sy wil en genade beskik (Ps. 145:8-9; 1 Kor. 8:6). Hy is die skepper van alle dinge (Gen. 1:1-31; Ef. 3:9). As die enigste en almagtige Heerser van die heelal is Hy soewerein in Sy skepping, voorsiening en verlossing (Ps. 103:19; Rom. 11.36). Sy Vaderskap behels beide Sy plek in die Drie-Eenheid en Sy verhouding met die mensdom. As Skepper is Hy die Vader van alle mense (Ef. 4:6) maar die Geestelike Vader van net alle Christen-gelowiges (Rom. 8:14; 2 Kor. 6:18). Alles gebeur volgens Sy wil (Ef. 1:11). Hy onderhou en lei alle lewe en gebeure en heers voortdurend daaroor (1 Kron. 29:11). Omdat Hy soewerein is, is Hy nie die skepper van sonde nie en keur dit ook nie goed nie (Hab. 1:13; Joh. 8:38-47). Hy staan onpartydig wanneer morele, intelligente mense vir hul dade tot verantwoording geroep word (1 Pet. 1:17). Voordat die wêreld geskep is, is die uitverkorenes reeds deur Hom uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees (Ef. 1:4-6). Hy red almal van sonde wat in Hom glo en wat deur Jesus Christus na Hom toe kom. Hy is Vader vir almal wat na Hom toe kom en neem hulle aan as Sy eie (Joh. 1:12; Rom. 8:15; Gal. 4:5; Heb. 12:5-9).
2.2 God die Seun
Ons verkondig dat Jesus Christus die tweede persoon van die Drie-Eenheid is. Hy beskik, soos die Vader, oor al die Goddelike magte en is ewig en in wese soos die Vader (Joh. 10:30; 14:9). Hy en die Vader is een.
Ons verkondig dat God die Vader alles geskep het na Sy wil deur Sy seun Jesus Christus, deur wie alles voortbestaan en onderhou word (Joh. 1:3; Kol. 1:15-17; Hebr. 1:2). Ons verkondig dat, met die vleeswording (God word mens), Christus net die voorreg van Sy Godheid prysgegee het maar nie Sy Goddelike essensie nie. Met Sy vleeswording het die tweede persoon van die Drie-Eenheid al die menslike eienskappe aangeneem en so aan die mens gelyk geword (Fil. 2:5-8; Kol. 2:9).
Ons verkondig dat Jesus Christus mensheid en Godheid in ‘n ondeelbare eenheid is (Miga 5:2; Joh. 5:23; 14:9-10; Kol. 2:9).
Ons verkondig dat Jesus Christus uit ‘n maagd gebore is (Jes. 7:14;: Matt. 1:23, 25;: Luk. 1:26-35), dat Hy God is wat vlees geword het (Joh. 1:1, 14) en dat die doel van die vleeswording was om God aan die mens te openbaar, die mens te verlos en oor die koninkryk van God te heers (Ps. 2:7-9; Jes. 9:6; Joh. 1:29; Fil. 2:9-11; Hebr. 7:25-26; 1 Pet. 1:18-19).
Ons verkondig dat die tweede persoon van die Drie-Eenheid, Jesus Christus, met die vleeswording Sy plek om volle deelname aan die Godheid ter syde gestel het en die plek van ‘n Seun aangeneem en ‘n dienaar geword het, maar Homself nooit van Sy Goddelike eienskappe gedistansieer het nie (Fil. 2:5-8).
Ons verkondig dat Jesus Christus ons deur die vergieting van Sy bloed met Sy offerdood aan die kruis verlos het. Hy was ons vrywillige plaasvervanger en bemiddelaar. (Joh. 10:15; Rom. 3:24-25; 5:8; 1 Pet. 2:24; 3:18).
Ons verkondig dat, op grond van die betekenis van die dood van Jesus Christus, die gelowige sondaar vry sal wees van oordeel en straf, en eendag ook vry van die teenwoordigheid van sonde; dat die gelowige sondaar deur Jesus Christus regverdig verklaar is, die ewige lewe verkry het en in God se familie opgeneem is (Rom. 3:25; 5:8-9; 2 Kor. 5;14-15; 1 Pet. 2:24; 3:18).
Ons verkondig dat ons regverdigmaking deur Sy letterlike, fisiese opstanding uit die dood verseker is en dat Hy na die hemel opgevaar het en aan die regterhand van God die Vader sit vanwaar hy as Middelaar, Regter en Hoëpriester vir ons optree (Matt. 28:6; Luk. 24:38-39; Hand. 2:30-31; Rom. 4:25; 8:34; Heb. 7:25; 9:24; 1 Joh. 2:1).
Ons verkondig dat deur die opstanding van Jesus Christus uit die graf het God die Goddelikheid van Sy Seun bevestig en die versoeningsdaad van Christus aan die kruis aanvaar. Jesus Christus se liggaamlike opstanding is dan ook ‘n waarborg van ‘n toekomstige opstanding van alle Christen-gelowiges (Joh. 5:26-29; 14:19; Rom. 1:4; 4:25; 6:5-10; 1 Kor. 15:20, 23).
Ons verkondig dat Jesus Christus met die wegraping sal kom om die kerk, Sy liggaam, te ontvang en met Sy kerk in heerlkheid sal terugkom om Sy duisendjarige koninkryk op aarde te vestig (Hand. 1:9-11; 1 Tess. 4:13-18; Op. 20).
Ons verkondig dat Jesus Christus die een is deur wie God die mens eendag sal oordeel (Joh. 5:22-23).
a. Christen-gelowiges (1 Kor. 3:10-15; 2 Kor. 5:10).
b. Lewende inwoners op die aarde met Sy glorieryke terugkoms (Matt. 25:31-46).
c. Ongelowige gestorwenes voor die groot wit troon (Op 20:11-15).
As die Middelaar tussen God en die mens (1 Tim. 2:5), die hoof van Sy liggaam, die kerk (Ef. 1:22; 5:23; Kol. 1:18), en die komende alleenheersende Koning wat oor die troon van Dawid sal heers (Jes. 9:6; Luk. 1:31-33), sal Hy die finale oordeel fel oor almal wat nagelaat het om hul vertroue in Hom as Heer en Verlosser te stel (Matt. 25:14-46; Hand. 17:30-31).
2.3 God die Heilige Gees
Ons verkondig dat die Heilige Gees ewig en Goddelik van aard is en Goddelike eienskappe het, nl. alwysheid (1 Kor. 2:10-13), emosie (Ef. 4:30), Sy eie wil (1 Kor. 12:11), ewige Gees (Heb. 9:14), alomteenwoordigheid (Ps. 139:7-10), alwetendheid (Jes. 40:13-14), almagtigheid (Rom. 15:13) en regverdigheid (Joh. 16:13). Die Heilige Gees besit al die Goddelike eienskappe en daarom is Hy een in wese met die Vader en die Seun (Matt. 28:19; Hand. 5:3-4; 1 Kor. 12:4-6; 2 Kor. 13:14; en Jer. 31:31-34 met Heb. 10:15-17).
Ons verkondig dat dit die werk van die Heilige Gees is om die Goddelike wil oor die hele mensdom te laat geskied. Ons erken Sy soewereine werk in die skepping (Gen. 1-2), die vleeswording (Matt. 1:18), die geskrewe openbaring van die Woord (2 Pet. 1:20-21) en die wedergeboorte en redding (Joh. 3:5-7).
Ons verkondig dat die werk van die Heilige Gees begin het by die uitstorting van die Heilige Gees toe Hy van die Vader gekom het soos deur Christus beloof (Joh. 14:16-17; 15:26) om Sy kerk (Sy liggaam) op aarde te vestig (1 Kor. 12:13). In breë trekke sluit Sy Goddelike werk in om die mensdom oor sonde te oordeel, om Jesus Christus te eer en te verheerlik en om gelowiges na die beeld van Christus te verander (Joh. 16:7-9; Hand. 1-5; 2:4; Rom. 8:29; 2 Kor. 3:18; Ef. 2:22).
Ons verkondig dat die Heilige Gees tydens die wedergeboorte en doop van gelowige Christene die bonatuurlike en soewereine werker in die liggaam (kerk) van Christus is (1 Kor. 12:13). Die Heilige Gees woon, rig en bemagtig diesulkes vir diens en bewaar hulle tot die dag van oordeel (Rom. 8:9; 2 Kor. 3:6; Ef. 1:13).
Ons onderrig dat die Heilige Gees die Goddelike onderwyser was wat die apostels en profete in waarheid gelei en verbind het tot die skryf van God se openbaring, die Bybel. Vanaf die oomblik van redding beskik elke Christen-
gelowige oor die inwonende teenwoordigheid van die Heilige Gees en dit is die plig van almal wat deur die Gees wedergebore is om deur die Gees beheer te word (Joh. 16:13; Rom. 8:9; Ef. 5:18; 2 Pet. 1:19-21; 1 Joh. 2:20-27).
Ons verkondig dat die Heilige Gees geestelike gawes aan die kerk toereken. Die Heilige Gees verheerlik nie Homself of Sy gawes deur opsigtelike vertoon nie, maar Hy verheerlik Christus deur die verlossing van die verlorenes en die opbou van gelowiges in die Christelike geloof (Joh. 16:13-14; Hand. 1:8; 1 Kor. 12:4-11; 2 Kor. 3:18).
Ons onderrig dat God die Heilige Gees soewerein is in die uitdeel van al sy gawes vir die vervolmaking van Sy hedendaagse uitverkore woordverkondigers en dat die spreek in tale en doen van wonderwerke in die begindae van die kerk net daar was om die apostels te bemagtig as werklike verkondigers van die Goddelike waarhede en dat dit nie bedoel was om kenmerkend van die lewens van Christen-gelowiges te wees nie (1 Kor. 12:4-11; 13:8-10; 2 Kor. 12:12; Ef. 4:7-12; Heb. 2:1-4).
3. DIE MENS
Ons verkondig dat God die mens na Sy beeld en gelykenis geskape het. Die mens is sonder sonde, met rasionele intelligente denke, selfverantwoordelikheid en ‘n morele verantwoordelikheid teenoor God geskape (Gen. 2:7; 15:25; Jak. 3:9).
Ons verkondig dat God se bedoeling met die skepping van die mens was dat die mens God sou verheerlik, Sy gemeenskap sou geniet en sy lewe na die wil van God sou leef. Hierdeur wou God Sy wil met die mens op aarde volbring (Jes. 43:7; Kol. 1:16; Op. 4:11).
Ons onderrig dat, deur Adam se sonde van ongehoorsaamheid aan die wil van God, die mens sy onskuld verloor het en blootgestel is aan die straf van die fisiese en geestelike dood; aan die toorn van God onderwerp is en inherent korrup en onbekwaam geword het om te kies of te doen wat vir God aanvaarbaar is, behalwe deur Goddelike genade. Met geen mag wat hom in staat stel om homself te red nie, is die mens hopeloos verlore. Die mens se redding is daardeur geheel en al van God se genade deur die verlossingsdaad van Jesus Christus afhanklik (Gen. 2:16-17; 3:1-19; Joh. 3:3-6; Rom. 3:23; 6:23; 1 Kor. 2:14; Ef. 2:1-3; 1 Tim. 2:13-14; Joh. 1:8).
Ons onderrig dat, omdat alle mense in Adam is, Adam se sonde van die begin af aan alle mense oorgedra is, met Jesus Christus die enigste uitsondering. Alle mense is dus van nature, deur eie keuse en Goddelike uitverkiesing,
sondaars (Ps. 14:1-3; Jer. 17:19; Rom. 3:9-18, 23; 5:10-12).
4. REDDING/VERLOSSING
Ons verkondig dat verlossing geheel en al van God se genade, op grond van die bloed wat deur Jesus gestort is, verkry word en nie deur menslike meriete of werke nie (Joh. 1:12; Ef. 1:7; 2:8-10; 1 Pet. 1:18-19).
4.1 Wedergeboorte
Ons verkondig dat die wedergeboorte die Goddelike werking van die Heilige Gees is waardeur ‘n geesvervulde lewe en regverdige natuur geskenk word. (Joh. 3:3-7; Tit. 3:5). Dit gebeur oombliklik en word alleenlik verkry deur die krag van die Heilige Gees en instrumenteel deur die medewerking van die Woord van God (Joh. 5:24), wanneer die berouvolle sondaar, bemagtig deur die Heilige Gees, in geloof tot bekering gelei word. Ware wedergeboorte wor bevestig deur werke wat by ‘n bekeerde pas. Goeie werke en regverdige optrede sal die vrug en getuienis van die bekeerde wees (1 Kor. 6:19-20; Ef. 2:10), en hy sal sy lewe oorgee aan en hom laat beheer deur die Heilige Gees deur gelowige gehoorsaamheid aan die Woord van God (Rom 8:14; Ef. 5:17-21; Fil. 2:12b; Kol. 3:16; 2 Pet. 1:4-10). Hierdie gehoorsaamheid veroorsaak dat die Christen-gelowige toenemend gelykvormig word aan die beeld van Jesus Christus (2 Kor. 3:18). Hierdie proses bereik ‘n hoogtepunt met die Christen-gelowige se verheerliking by die wederkoms van Christus (Rom. 8:17; 2 Pet. 1:4; 1 Joh. 3:2-3).
4.2 Uitverkiesing
Ons verkondig dat die uitverkiesing ‘n daad van God is waardeur Hy, in Jesus, nog voor die grondlegging van die wêreld diegene uitverkies het wat Hy uit genade verlos, vernuwe en verheerlik (Rom. 8:28-30: Ef. 1:4-11; 2 Tes. 2:13; 2 Tim. 2:10; 1 Pet. 1:1-2).
Ten eerste kan uitverkiesing só gedefinieer word: “Election is an act of God before creation in which He chooses some people to be saved, not on account of any foreseen merit in them, but only because of his sovereign good pleasure.” Die volgende verse leer dat God sekere mense uitverkies en verordineer het tot die ewige lewe: Hand.13:48, Rom.8:28-30, 9:11-13, 11:7, Ef.1:4-6, 11-12, 1 Tess.1:4-5, 2 Tess.2:13, 2 Tim.1:9, 1 Pet.1:1-2, 2:9, Openb.13:7-8, 17:8.
Ons verkondig dat die soewereine uitverkiesing nie die verantwoordelikheid van die mens wegneem om sonde te bely en op Christus as Verlosser en God te vertrou nie (Eseg. 18:23, 32; 33:11; Joh. 3:18-19, 36; 5:40; Rom. 9:22-23; 2 Tes. 2-10-12; Op. 22:17) Alhoewel die mens kies, sal die uitkoms van die mens se keuse neerkom op wat God beskik het. (Joh. 6:37-40, 44: Hand. 13:48; Jak. 4:8).
Die uitverkiesing bring ons in bewondering van God se grootheid in hoe Hy in beheer is van alle dinge. God is so groot dat Hy die uitkoms bepaal ten spyte van die feit dat die mens besluite maak soos wat duidelik gesien kan word in die lewe van Josef. Die Bybel leer vir ons dat sy broers teen hom opgetree het maar dat God dit gebruik het om die uitkoms mee te bring wat Hy beskik het (Gen 45:5-8; Gen 50:20).
Ons verkondig dat die onverdiende gawe wat God aan bedorwe sondaars skenk, nie verwant is aan enige handeling van hul eie nie, maar dat dit alleenlik deur God se soewereine barmhartigheid en genade geskied (Ef. 1:4-7; Tit. 3:4-7; 1 Pet. 1:2).
Ons verkondig dat uitverkiesing nie gesien moet word as net op abstrakte soewereiniteit gebaseer nie. God is werklik soewerein, maar Hy oefen hierdie sowereiniteit in harmonie met Sy ander eienskappe uit, veral Sy alwetendheid, Sy regverdigheid, Sy heiligheid, Sy wysheid, Sy genade en Sy liefde (Rom. 9:11-16). Hierdie soewereiniteit het altyd ten doel om God te verheerlik(Matt. 11:25-28; 2 Tim. 1:9). God sorteer nie die mensheid lukraak uit nie, een dié kant toe, een dáárdie kant toe nie, maar in ooreenstemming met die geheel van die ondenkbare perfektheid van elkeen van Sy attribute in volmaakte harmonie en regverdigheid.
Terwyl God vrymagtig soewerein is in ons redding en lewens, maak Hy nooit van ons outomate of robotte nie. Net nadat Jesus oor uitverkiesing leer (Matt.11:25-27), nooi Hy almal wat moeg en oorlaai is om na Hom toe te kom (Matt.11:28-30, cf.Openb.22:17). Dit is egter as gevolg van mense se sonde en ongewilligheid dat hulle nie op Jesus se uitnodiging reageer nie (Joh.5:40, Matt.23:37). Ons keuses het gevolge, en daarom kan uitverkiesing nie die oorsaak van enige fatalisme wees nie (Joh.3:18, 36).Ons bly bewustelik betrokke en aanspreeklik. Hoe hierdie twee kante van ons verhouding met God logies saamhang, sal ons nooit dié kant van die graf in diepte verstaan nie, maar beide waarhede word deur die Skrif beklemtoon.
‘n Beeld wat ek dikwels gebruik om te illustreer hoe God en mens beide een honderd persent betrokke is in die reddingsproses, dus nie vyftig-vyftig nie, is die van ‘n windpomp. Ondergrondse water word opgepomp tot in ‘n sementdam. Daarvoor is die windpomp, soos ek, eenhonderd persent verantwoordelik. Elke milliliter vloei deur sy silinder en pype. Maar sonder die wind kan dit ook nie. Trouens, die wind, soos die Heilige Gees, verskaf eenhonderd persent van die energie vir die styging van elke druppel water
Die Bybel slinger hierdie waarheid nooit verwytend teen die koppe van ongelowiges nie. Ewemin wil dit ons kniehalter in ons verkondiging van die evangelie. Nee, God se Woord leer die feit van Sy ewige en uitverkiesende liefde in die ore van húlle wat reeds deur ‘n ware geloof met Sy Seun verenig is. Dit wek diepe dankbaarheid en n besef van onverdiende guns wat ons ontvang. Om hierdie rede verduidelik ons God se reddingsplan deur Jesus Christus aan alle mense en verduidelik aan die wat dit aanneem dat dit gerealiseer het op grons van onbeskryflike genade alleen.
Regverdig?
Uitverkiesing is ‘n verkiesing tot redding en nooit die oorsaak dat iemand verlore gaan nie. Sonder uitverkiesing sou niemand gered geword het nie. God kon besluit het om alle mense te red. Hy het die krag en gesag om dit te doen. Of Hy kon besluit het om niemand te red nie, want Hy is onder geen verpligting om enigeen te red nie.
Dit verg nie ‘n spesiale besluit van God voordat iemand verlore gaan nie. Daar is nie ‘n spesiale uitverkiesing tot die ewige verdoemenis nie. Waarom nie? Omdat alle mense in elk geval van nature verlore is. Só is hulle gebore. Mense word nie neutraal gebore nie, maar verdorwe, en in Adam.
Die waarheid is dat dit regverdig sou wees vir God om almal hel toe te stuur en niemand te red nie. Hy kon net sowel met ons gedoen het wat Hy met die gevalle engele gedoen het (2 Pet.2:4). Die feit dat God sommige red is bloot genade. Verder moet ons sê dat God nie onregverdig is as Hy kies om sommige te red en ander nie. Het die Skepper nie die reg om met die klei te doen wat Hy wil nie (Rom.9:18-24)? Ons het geen reg om te sê dat God onregverdig is as Hy sommige red en ander nie.
Die gesindheid
Die gesinheid waarmee ons die bogenoemde standpunt huldig word in die volgende gesprek uitgedruk:
December 10, 1784, in a recorded conversation between Charles Simeon and John Wesley:
CS: Sir, I understand that you are called an Arminian, and I have been sometimes called a Calvinist and therefore I suppose we are to draw daggers. But before I consent to begin the combat, with your permission I will ask you a few questions. Sir, do you feel yourself a depraved creature, so depraved that you would never have thought of turning to God, if God had not first put it into your heart?
JW: Yes, I do indeed.
CS: And do you utterly despair of recommending yourself to God by anything you can do; and look for salvation solely through the blood and righteousness of Christ?
JW: Yes, solely through Christ.
CS: But, Sir, supposing you were at first saved by Christ, are you not somehow or other to save yourself afterwards by your own works?
JW: Now, I must be saved by Christ from first to last.
CS: Allowing, then, that you were first turned by the grace of God, are you not in some way or other to keep yourself by your own power?
JW: No.
CS: What, then, are you to be upheld every hour and every moment by God, as much as an infant in its mother’s arms?
JW: Yes, altogether.
CS: And is all your hope in the grace and mercy of God to preserve you unto his heavenly kingdom?
JW: Yes, I have no hope but in him.
CS: Then, Sir, with your leave I will put up my dagger again; for this is all my Calvinism; this is my election, my justification by faith, my final perseverance: it is in substance all that I hold, and as I hold it; and therefore, if you please, instead of searching out terms and phrases to be a ground of contention between us, we will cordially unite in those things wherein we agree.
4.3 Regverdigmaking
Ons verkondig dat regverdigmaking voor God ‘n daad van God is (Rom. 8:33) deurdat Hy diegene wat, deur geloof in Christus, hul sondes bely (Luk. 13:3; Hand. 2:38; 3:19; 11:18; Rom. 2:4; 2 Kor. 7:10; Jes. 55:6-7), Hom as soewereine God erken en regverdig verklaar (Rom. 10:9-10; 1 Kor. 12:13; 2 Kor. 4:5; Fil. 2:11). Hierdie regverdigmaking staan apart van enige deugde of dade van die mens (Rom. 3:20; 4:6) en behels die oordra in geloof van ons sondes aan God (Kol. 2:14; 1 Pet. 2:24) en die toerekening van God se geregtigheid aan ons (1 Kor. 1:30; 2 Kor. 5:21). Hierdeur word God in staat gestel om regverdig en die regverdigmaker te wees van diegene wat geloof in Jesus Christus het (Rom. 3:26).
4.4 Heiligmaking
Ons verkondig dat elke Christen-gelowige, deur regverdigmaking, heilig voor God is en aanvaar word om heilig te wees en as heilige erken te word. Hierdie heiligmaking geskied oombliklik en moet nie verwar word met progressiewe heiligmaking nie. Hierdie heiligmaking het te doen met die gelowige se posisie wat hy deur heiligmaking geniet en nie waar hy tans staan nie (Hand. 20:32; 1 Kor. 1:2, 30; 6:11; 2 Tes. 2:13; Heb. 2:11; 3:1; 10:10, 14; 13:12; 1 Pet. 1:2).
Ons verkondig dat daar ook, deur die werking van die Heilige Gees, ‘n progressiewe heiligmaking is waardeur die gelowige progressief vorder vanaf waar hy tans staan na die stand wat hy posisioneel deur heiligmaking geniet. Deur gehoorsaamheid aan die Woord van God en die krag van die Heilige Gees, is die gelowige in staat om toenemend heilig te lewe in ooreenstemming met die wil van God en sodoende meer en meer soos ons Here Jesus Christus te word (Joh. 17:17-19; Rom. 6:1-22; 2 Kor. 3:18; 1 Tes. 4:3-4; 5:23).
In hierdie verband verkondig ons dat elke geredde gelowige in daaglikse konflik is met die vlees deur sy nuwe lewe in Christus, maar dat daar
genoegsaam voorsiening gemaak word vir oorwinning deur die krag van die inwonende Heilige Gees. Die gelowige bly egter dwarsdeur sy aardse lewe teen die sonde stry en hierdie stryd eindig nooit nie. Uitdelging van sonde is nie menslik moontlik nie, maar deur die werking van die Heilige Gees is daar oorwinning oor sonde (Gal. 5:16-25; Ef. 4:22-24; Fil. 3:12; Kol. 3:9-10; 1 Pet. 1:14-16; 1 Joh. 3:5-9).
4.5 Sekuriteit/Sekerheid
Ons verkondig dat alle verlostes in God se reddende krag leef en so vir ewig veilig in Jesus Christus is (Joh. 5:24; 6:37-40; 10:27-30; Rom. 5:9-10; 8:1; 31-39; 1 Kor. 1:4-8; Ef. 4:30; Heb. 7:25; 13:5; 1 Pet. 1:5; Jud. 24).
Ons verkondig dat dit die voorreg van Christen-gelowiges is om hulle te verbly in die versekering van hul redding deur die getuienis in God se Woord. Die Woord verbied ons egter om ons vryheid as geleentheid te gebruik om sondig en wellustig te lewe (Rom. 6:15-22; 13:13-14; Gal. 5:13, 25-26; Tit. 2:11-14).
4.6 Afskeiding
Ons verkondig dat die distansiëring van sonde dwarsdeur die Ou en Nuwe Testament beklemtoon word en dat die Skrif duidelik aantoon dat afvalligheid en verwêreldliking in die laaste dae sal toeneem (2 Kor. 6:14 – 7:1; 2 Tim. 3:1-5).
Ons verkondig dat, uit diepe dankbaarheid vir die onverdiende genade wat God aan ons skenk en omdat ons Almagtige God so waardig is van ons totale toewyding, al die gereddenes so moet leef dat ons nie skande oor ons God en Redder bring nie. Ons verkondig ook dat God ons beveel om ons van godsdienstige afvalligheid en valshede, asook van wêreldse en sondige praktyke, te distansieer (Rom. 12:1-2; 1 Kor. 5:9-13; 2 Kor. 6:14 – 7:1; 1 Joh. 2:15-17; 2 Joh. 9-11).
Ons verkondig dat gelowiges hulle vir ons Here Jesus Christus moet afsonder (2 Tes. 1:11; Heb. 12:1-2) en bewys dat die Christen ‘n lewe van gehoorsame geregtigheid, gedemonstreer deur heiligheid en geluk (Matt. 5:2-12) met ‘n voortdurende strewe na heiligheid, moet lei (Rom. 12:1-2; 2 Kor. 7:1; Heb. 12:14; Tit. 12:11-14; Joh. 3:1-10).
5. DIE KERK
Ons verkondig dat almal wat hul geloof in Jesus Christus vind onmiddellik deur die Heilige Gees in een verenigde geestelike liggaam, die kerk , geplaas word (1 Kor. 12:12 – 13). Die kerk is die bruid van Christus (2 Kor. 11:2; Ef. 5: 23-32; Op. 19:7-8), waarvan Christus die hoof is ( Ef. 1:22; 4:15; Kol. 1:18).
Ons verkondig dat die stigting van die kerk, die liggaam van Christus, op Pinksterdag plaasgevind het (Hand. 2:1-21, 38-47) en voltooi sal word met die koms van Christus tydens die wegraping wanneer Hy dié wat aan Hom behoort sal kom haal (1 Kor. 15:51-52; 1 Tes. 4:13-18).
Ons verkondig dat die kerk dus ‘n Christus-ingestelde geestelike instelling is, wat uit al die wedergebore gelowiges bestaan (Ef. 2:11 – 3:6). Die kerk is in teenstelling met Israel (1 Kor. 10:32) ‘n geheimenis wat nou eers geopenbaar is (Ef. 3:1-6; 5:32).
Ons onderrig dat die vestiging en voortbestaan van plaaslike gemeentes duidelik omskryf word in die Nuwe Testamentiese geskrifte (Hand. 14:23, 27; 20:17, 28; Gal. 1:2; Fil. 1:1; 1 Tes. 1:1; 2 Tes. 1:1) en dat een gemeente aangeraai word om saam te snoer met ander plaaslike gemeentes (1 Kor. 11:18-20; Heb. 10:25).
Ons verkondig dat die hoogste gesag in die kerk Jesus Christus is (1 Kor. 11:3; Ef. 1:22; Kol. 1:18) en dat die kerk se leierskorps, gawes, orde, dissipline en aanbidding daargestel is deur Sy soewereiniteit soos ons dit in die Skrif vind. Die kerkleiers wat onder God en oor die byeenkomste dien, is die ouderlinge, (herders, leëraars) (Hand. 20:28; Ef. 4:11) en diakens. Almal moet aan Bybelse voorskrifte voldoen (1 Tim. 3:1-13; 1 Tit. 1:5-9; 1 Pet. 5:1-5).
Ons verkondig dat hierdie leiers soos diensknegte van Christus lei en heers (1 Tim. 5:17-22) en dat hulle Sy gesag het om die kerk te lei en te rig. Die gemeente moet hulle aan hul leierskap onderwerp (Heb. 13:7, 17).
Ons verkondig die belangrikheid van dissipelskap (Matt. 28:19-20; 2 Tim. 2:2), wedersydse verantwoordelikheid van alle gelowiges teenoor mekaar (Matt. 18:5-14), asook die dissiplinering van lidmate wat nie in ooreenstemming met die standaarde wat die Skrif stel, leef nie en aanhoudend sondig (Matt. 18:15-22; Hand. 5:1-11; 1 Kor. 5:1-13; 2 Tess. 3:6-15, 1 Tim. 1:19-20; Tit. 1:10-16).
Ons verkondig die outonomie van die plaaslike gemeente, vry van eksterne gesag of beheer, met die reg tot selfbestuur en vry van enige inmenging van enige hiërargieë, individue of organisasies. (Tit. 1:5). Ons verkondig dat daar,
volgens die Skrif, van ware gemeentes verwag word om saam te werk vir die aanbieding van en toename in geloof. Elke plaaslike gemeente is egter d.m.v. sy ouderlinge en hul interpretasie en toepassing van die Skrif, die enigste beoordelaar van die mate en metode van samewerking. Die ouderlinge is verantwoordelik vir alle ander aspekte soos lidmaatskap, beleid, dissipline, welwillendheid en bestuur (Hand. 15:19-31; 1 Kor. 5:4-7, 13; 1 Pet. 5:1-4).
Ons verkondig dat die doel van die kerk is om God te verheerlik (Ef. 3:21), dit op te bou in die geloof (Ef. 4:13-16) , die Woord korrek te onderrig ( 2 Tim. 2:2, 15; 3:16-17), onderling gemeensaam te wees (Hand. 2: 47; 1 Joh. 1:3), die twee ordonnansies te onderhou (Luk. 22:19; Hand. 2:38-42) en die evangelie aan die hele wêreld te verkondig (Matt. 28:19; Hand. 1:8; 2:42).
Ons verkondig die roeping van al die heiliges tot diens vir die uitbreiding van God se koninkryk (1 Kor. 15:58; Ef. 4:12; Op. 22:12).
Ons verkondig die noodsaaklikheid van die kerk om in samewerking met God die doel van Sy werk op aarde te volbring. Om dit te bereik, bemagtig Hy die kerk met geestelike gawes. Eerstens voorsien Hy mense wat gekies is om die heiliges vir die bediening toe te rus (Ef. 4:7 – 12) en Hy skenk ook spesiale geestelike gawes aan elke lid van die Liggaam van Christus (Rom. 12:5 – 8; 1 Kor. 12:4 – 31; 1 Pet. 4: 10-11).
Ons verkondig dat daar twee soorte gawes aan die vroeë kerk gegee is: Wonderlike gawes van Goddelike openbaring en genesing is tydelik in die Apostoliese tydperk gegee om die egtheid van die apostels se boodskap te bevestig (Heb. 2: 3-4; 2 Kor. 12:12) en gawes om die Woord te verkondig om sodoende die gelowiges toe te rus om mekaar geestelik op te bou. Met die Nuwe Testamentiese openbaring nou voltooi, word die Skrif nou die enigste toets van geloofwaardigheid vir Bybelse boodskappe. Gawes van ‘n wonderbaarlike aard is nie meer nodig om die Bybelse boodskap te bekragtig nie (1 Kor. 13; 8 – 12). Wonderwerke kan deur Satan nagemaak word, wat selfs die gelowiges kan mislei (Matt. 24:24; 1 Kor. 13:13 – 14:12; Op. 13:13-14). Die enigste gawes wat vandag werksaam is, is daardie nie-geopenbaarde gawes wat vir die bediening van God se Woord gegee word (Rom. 12:6-8).
Ons verkondig dat niemand vandag oor die gawe van genesing beskik nie maar dat God die gebede van gelowiges vir die siekes, lydendes en verdruktes volgens Sy wil aanhoor en sal beantwoord (Luk. 18:1-6; Joh. 5: 7-9; 2 Kor. 12:6-10; Jak. 5:13-16; 1 Joh. 5:14-15).
Ons verkondig dat twee ordonnansies in die plaaslike gemeente toegelaat word: Die doop en die Nagmaal (Hand. 2:38-42). Die Christelike doop deur onderdompeling (Hand. 8:36-39) is ‘n plegtige getuienis van ‘n gelowige wat sy geloof in die gekruisigde, begraafde en opgestane Verlosser bewys asook sy vereniging met Hom in die dood deur sonde en die opstanding tot ‘n nuwe lewe (Rom. 6:1-11). Dit is ook ‘n teken van gemeenskap en identifisering met die sigbare liggaam van Christus (Hand. 2:41-42).
Ons verkondig dat die Nagmaal die herdenking van Sy dood is totdat Hy kom en dat dit altyd voorafgegaan moet word deur plegtige selfondersoek (1 Kor. 11:28-32). Ons verkondig dat, alhoewel die brood en wyn fundamenteel is vir die Nagmaal, dit slegs verteenwoordigend is van die vlees en die bloed van die liggaam van Jesus Christus. Nagmaal is egter die werklike gemeenskap met die opgestane Christus wat op Sy unieke manier in gemeenskap met gelowiges is (1 Kor. 10:16).
6. ENGELE
6.1 Heilige engele
Ons verkondig dat engele geskape wesens is en dus nie aanbid mag word nie. Alhoewel hulle in ‘n hoër orde as die mens geskape is, is hulle geskape om God te dien en te aanbid (Luk. 2:9-14; Heb. 1:6-6, 14; 2:6-6; Op. 5:11-14; 19:10; 22:9).
6.2 Gevalle engele
Ons verkondig dat Satan ‘n geskape engel en die verwekker van sonde is. Hy het die oordeel van God op hom gebring omdat hy teen God in opstand gekom het (Jes. 14:12-17; Eseg. 28:11-19), deurdat hy tydens sy afvalligheid verskeie engele met hom saamgeneem het (Matt. 25:41; Op. 12:1-4) en deur sy verleiding van Eva daarvoor verantwoordelik was dat die mens in sonde verval het (Gen. 3:1-15).
Ons verkondig dat Satan die openlik verklaarde vyand van God en die mens is (Jes. 14:13-14; Matt. 4:1-11; Op. 12:9-10), dat hy die owerste van hierdie wêreld is en verslaan is deur die kruisdood en opstanding van Jesus Christus (Rom. 16:20), en dat hy gestraf sal word en tot in ewigheid in die poel van vuur gewerp sal word (Jes. 14:12-17; Eseg. 28:11-19; Matt. 25:41; Op. 20:10).
7. DIE EINDTYD/ESKATOLOGIE
7.1 Die dood
Ons verkondig dat die fisiese dood geen verlies van ons onsterflike bewussyn behels nie (Op. 6:9-11) en dat die siel van die verloste onmiddellik oorgaan in die teenwoordigheid van Christus (Luk. 23:43; Fil. 1:23; 2 Kor. 5:8), dat daar ‘n skeiding van siel en liggaam is (Fil. 1:21-21) en dat die skeiding sal voortduur tot en met die wegraping (1 Tes. 4:13-17), wat die begin is van die eerste opstanding (Op. 20:4-6), wanneer die siel en liggaam herenig sal word en vir ewig saam met Christus verheerlik sal word (Fil. 3:21; 1 Kor. 15:35-44; 50-54). Totdat daardie tyd kom, sal die siele van die verlostes in Christus in vreugdevolle gemeenskap met ons Here Jesus Christus wees. (2 Kor. 5:8).
Ons verkondig die liggaamlike opstanding van alle mense, die gereddes tot die ewige lewe (Joh. 6:39; Rom. 8:10-11, 19-23; 2 Kor. 4:14), en die ongereddes tot oordeel en ewige straf en verdoemenis (Dan. 12:2, Joh. 5:29; Op. 20:13-15).
Ons verkondig dat die siele van alle ongereddes na die dood onder straf sal bly tot die tweede opstanding (Luk. 16:19-26; Op. 20:13-15), wanneer die siel en die opgestane liggaam herenig sal word ( Joh. 5:28-29). Hulle sal dan voor die groot wit troon verskyn vir die finale veroordeling (Op. 20:11-15) en dan in die hel, die poel van vuur, gewerp word (Matt. 25:42-46), vir ewig afgesny van ‘n lewe saam met God (Dan. 12:2; Matt. 25:41-46; 2 Tes. 1:7-9).
7.2 Die groot verdrukking
Ons verkondig dat die regverdige oordele van God op die ongelowige wêreld uitgestort sal word (Jer. 30:7; Dan. 9:27; 12:1; 2 Tes. 2:7-12; Op. 16) direk na die wegneem van die kerk vanaf die aarde (Joh. 14:1-3; 1 Tes. 4:13-18) en dat hierdie oordele die hoogtepunt sal bereik wanneer Christus in heerlikheid na die aarde sal terugkeer (Matt. 24:27-31; 25:31-46; 2 Tes. 2:7-12). In daardie tyd sal die Ou Testamentiese en die verdrukte heiliges opgewek word en die wat lewe sal geoordeel word (Dan. 12:2-3; Op. 20:4-6). Hierdie tydperk sluit die sewentigste week van Daniël se profesie in (Dan. 9:24-27; Matt. 24:15-31; 25:31-46).
7.3 Die tweede koms en die duisendjarige vrederyk
Ons verkondig dat Christus na die periode van verdrukking na die aarde sal kom om op die troon van Dawid te heers ( Matt. 25:31; Luk. 1:31-33; Hand. 1:10-11; 2:29-30) en om Sy Messiaanse Koninkryk van duisend jaar op die aarde te vestig (Op. 20:1-7). Gedurende hierdie tyd sal die herrese heiliges
saam met Hom oor Israel en al die nasies op die aarde regeer (Eseg. 37:21-28; Dan. 7:17-22; Op. 19:11-16). Hierdie regering sal deur die oorwinning oor die antichris en die valse profeet, asook die verwydering van Satan uit die wêreld, voorafgegaan word (Dan. 7:17-27; Op. 20:1-7).
Ons verkondig dat hierdie koninkryk die vervulling van God se belofte aan Israel sal wees (Jes. 65:17-25; Eseg. 37:21 -28; Sag. 8:1-17) om hulle te herstel in die land wat hulle deur hul ongehoorsaamheid verbeur het (Deut. 28:15-68). Die gevolg van hul ongehoorsaamheid was dat hulle tydelik eenkant gelaat is, maar dat hulle deur berou en die belydenis van hul sonde weer na die land van seën sal terugkeer (Jer. 31:1-34; Eseg. 36:22-32; Rom. 11:25-29).
Ons verkondig dat hierdie tyd van ons Here se heerskappy gekenmerk sal word deur harmonie, vrede, geregtigheid, regverdigheid, ‘n lang lewe (Jes. 11:65; 17 – 25; Eseg. 36: 33 – 38), en sal eindig met die vrylating van Satan (Op. 20:7).
7.4 Die oordeel van die verlorenes
Ons verkondig dat, na Satan se vrylating, na die duisendjarige heerskappy van Christus (Op. 20:7), Satan die nasies op aarde sal mislei en hulle bymekaar sal maak om teen die heiliges en die geliefde stad oorlog te maak. Dan sal Satan en sy leërmag deur vuur uit die Hemel verswelg word (Op. 20:9). Hierna sal hy in die poel van vuur en swael gegooi word (Matt. 25:41; Op. 20:10), waarna Christus, die regter oor alle mense (Joh. 5:22), op die groot wit troon, almal, groot en klein, sal opwek en oordeel.
Ons verkondig dat die ongeredde dooies fisies sal opstaan vir die oordeel en na hul oordeel (Rom. 4:10-13) ‘n ewig bewuste straf in die poel van vuur sal uitdien (Matt. 25-41; Op. 20:11-15).
7.5 Ewigheid
Ons verkondig dat, na die einde van die duisendjarige vrederyk, die tydelike vrylating van Satan en die oordeel oor die ongereddes (2 Tes. 1:9; Op. 20:7-15), die wat gered is, in ‘n ewige staat van heerlikheid met God sal ingaan. Daarna sal die aarde ontbind (2 Pet. 3:10) en vervang word met ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid sal heers (Ef. 5:5; Op. 20:15). Hierna sal die nuwe Jerusalem uit die hemel neerdaal (Op. 21:2) en die woonplek wees van al die heiliges waar hulle vir ewig in gemeenskap met God en met mekaar sal wees (Joh. 17:3; Op. 21:22). Jesus Christus, wat Sy verlossingstaak vervul het, sal dan die koninkryk aan God die Vader oorgee (1 Kor. 15:24-28) om vir ewig oor alles te regeer (1 Kor. 15:28). So sal God alles wees vir alles.
8. HOE OM ‘N CHRISTEN TE WORD
Om Jesus Christus as jou Heer en Verlosser te erken en aan te neem, is die belangrikste besluit wat enigiemand ooit kan maak.
1. Jy moet erken dat jy ‘n hopelose sondaar in God se oë is en Hom as Redder nodig het (Rom. 3:23).
2. Jy moet glo dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het, dat Hy die Redder is wat jy nodig het (1 Pet. 3:18), dat Hy uit die dood opgestaan het en die sonde oorwin het (Rom. 4:5; 1 Kor. 15:3-4).
3. Jy moet berou hê oor jou sondes en dit bely (Rom. 2:4), erken dat Jesus Christus Here oor jou lewe is (Rom. 10:9 – 10), glo dat Hy as God jou sondes kan en wil vergewe (Joh. 1:1, 12; Mark. 2:1 – 13) en jou die ewige lewe kan skenk.
Dit is ‘n persoonlike besluit tussen jou en God en ons sal graag saam met jou wil bid en jou ondersteun in hierdie belangrike saak. As jy hierdie besluit neem, of die behoefte het om meer daarvan te weet, skakel of praat asseblief met een van die ouderlinge van die gemeente.
Bylaag tot punt 1
Gee God nog nuwe openbarings Of is Sy Outoritatiewe openbaring volledig by die afhandeling van die Bybel? Wat van teken gawes soos die spreek in tale?
Wat betref die beëindiging of voortsetting van sekere van die gawes die volgende:
Ons verkondig dat die Heilige Gees gawes aan Sy kerk gee sodat die liggaam tot eer van God kan funksioneer en in die wêreld gebruik kan word. Ons verkondig dat sommige van die gawes wel tot ʼn einde gekom het.
Hieronder is 2 redes waarom ons dit so verkondig
1. Die Heilige Gees se leiding deur die Bybel is vir genoeg vir alles wat ons nodig het (2Tim 3:16 en 17)
God praat met die mens sodat ons Hom kan ken en in verhouding met Hom kan staan. Ons kan ook se die rede waarom God met ons praat is om Homself te openbaar sodat ons Sy heerlikheid kan ken en onsself daarin kan verlustig (Psalm 37:4).
Heb. 1:1 praat van verskillende tydperke waarin God op verskillende maniere gepraat het. In die “ou dae” het God op baie maniere gepraat maar dit het verander. Heb. 1:1 wys daarop dat God nou deur Sy Seun spreek. Jesus is nie meer op aarde dat ons Sy stem hoor nie maar ons kan nou na die Bybel luister. Die Bybel is niks anders is as dit wat Jesus se lewe oor God se nie (Heb. 1:3) – Hy is die vleesgeworde Woord.
Heb. 1:1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
Die Bybel en die Heilige Gees is genoeg. Ons lees die Bybel en buig daarvoor, en dan Herinner die Heilige Gees ons in omstandighede aan die waarhede van die Bybel (nie noodwendig met boek en hoofstuk en vers nie) en gee insig van hoe om hierdie Bybelse beginsels te integreer in ons praktiese omstandighede (Joh. 14:26).
2. Paulus skryf in 1 Kor. 13 dat sekere gawes tot ʼn einde sal kom. Hulle kan beskryf word as “teken gawes”.
Hoe weet ons watter gawes en wanneer hulle tot einde kom (wanneer was die ou dae en wanneer het dit verander?)?
Antw. – Teen die einde van die boek Handelinge en dit wat daarin gebeur. Kyk na al die boeke wat Paulus geskryf het in kronologiese volgorde. Sommige was geskryf in die tyd wat Handelinge afspeel. In al hierdie boeke (Handelinge, Gal., 1 & 2 Thess., 1 & 2 Kor. en Rom.) is die gawes nog teenwoordig . In al die boeke na die gebeure van Handelinge (die ander 7 wat hy geskryf het) funksioneer dit nie meer nie. Paulus wat byvoorbeeld, die gawe van genesing gehad het, kon nie eers meer een van sy medediensknegte gesond maak nie. Hy kon al die siekes op die eiland gesond maak in Hand 28, maar daarna kon hy nie meer vir medediensknegte Timotheüs, Epafraditus of Trofimus gesond maak nie.
Dit beteken nie dat God nie meer wonderwerke doen en mense gesond maak nie. Dit beteken net dat God dit nie meer doen deur die teken gawes nie. Dit beteken ook nie dat God nie deur ʼn droom byvoorbeeld met ʼn Moslem sou praat nie. Hierdie droom sou egter opgevolg moet word met die feite van die evangelie in die Bybel.
Waar Paulus bv. in Ef. 5 praat oor die vervulling met die Heilige Gees word ook glad nie melding gemaak van die teken gawes nie.
Indien hierdie teken gawes nog gegeld het beteken dit dat almal gesond moes word vir wie ons bid (dank kon ons eenvoudig in die hospitale instap en almal gesond maak in die onkologie afdeling); geen sendeling meer ʼn taal aanleer om in ʼn vreemde land te gaan werk nie; dan moes al die profesieë wat mense vandag maak waar word en ons sweet dat dit nie die geval is nie. Ons sien dus dat die gawes van profesie, tale en genesing tot einde kom.
Artikels wat hierdie standpunt meer breedvoerig verduidelik is op aanvraag beskikbaar.